Renda

Renda

Saturday, March 5, 2011

5 Maart 2011

Hallo almal! Hier volg nog nuus van Renda se doen en late die afgelope ruk.. Oor 2 dae, 7 Maart is sy 3 maande oud. Ek kan nie glo dat die tyd so vinnig verby vlieg nie! Ek speel nog elke dag lekker pop en geniet veral die uitsoek van outfits en matching shoes vir die dag. Sussie speel al vir rukkies op haar maag. Hierbo is sy besig om haarself in die spieel te bekyk. Sy kan darem so 2 minute uithou op haar maag voordat sy nou erg ongemaklik raak en begin kerm. 

Die speelmat sorg vir groot pret en sy kan haarself goed besig hou terwyl sy die speelgoed bekyk en skop dan alte lekker.

Hier is sommer net nog 'n foto wat ons geneem het voor ons dag begin. Moet net eers seker maak sy sit stewig en dan vinnig die foto neem!

Hier was ons net oppad na die Kindermusik klas, ek natuurlik mal oor haar outfit!

...en matching shoes!

Renda is regtig 'n vriendelike ou babatjie en deel graag glimlaggies uit. Sy begin nou heerlik te brabbel en sommer in haar eie taal gesels. Dit is so oulik en ek geniet om na haar te luister.

Kyk net hoe breed kan sy glimlag vir haar mamma!

Hierdie foto is geneem die oggend wat ons vir inentings gegaan het. Dit was 'n koelerige oggend en die giraffe pakkie was net die regte ding. Ek wil my doodlag as sy haar voete so skop, skop en die giraffes lyk asof hulle lewe. Dit het natuurlik vir groot pret gesorg!

Hier is ons vriendelike suster Leana. Sy het met soveel liefde en omgee vir Sussie haar spuite gegee dat sy nie eers vreeslik gehuil het nie! Renda het daai dag, 25 Februarie, 5.2kg geweeg, is 58cm lank en koppie se omtrek was 38cm. Suster se sy groei pragtig en is mooi op die kurwe wat sy moet volg.

Na die inentings het ons sommer in die mall gaan rondloop en toe ek die oulike slippers sien, kon ek dit mos nou nie net op die rak los nie! Ons is nou reg vir die winter.
Ek het vir Renda 'n bankrekening gaan oopmaak by ABSA. Toe ek die eerste keer daar was het ek natuurlik vergeet om 'n water en ligte rekening saam te neem so toe moes ek weer gaan. Die tweede keer het ek vir Renda saamgeneem bank toe. Sy was stroopsoet todat ons by die konsultant se kantoor ingeloop het!...Daar besluit sy dit is nou die tyd om 'n keel op te sit, nou ja, wat kan 'n ma doen? Ek bly toe maar kalm terwyl die konsultant al die vorms invul en ek moet net teken. Baie van die bank se personeel het natuurlik kom kyk of is alles ok want die rustigheid wat gewoonlik in die bank heers is daarmee heen! Dit klink toe eerder asof ons in 'n kliniek sit. Nou ja, ek het my kop hoog gehou toe ek daar uitstap - met 'n bankkaart vir Renda! 
Als gaan verder goed en Thys werk nog lekker daar in die vreemde. Ons cope en ek stuur gereeld maar vir  hom fotos sodat hy ok kan sien hoe Sussie groei. 

Groete tot later vanuit die de Beer huishouding!

No comments:

Post a Comment