Renda

Renda

Tuesday, June 25, 2013

24 Junie 2013

Hallo almal! uiteindelik weer 'n biki nuus hier vanuit die de Beer huishouding! Dit gaan goed hier met ons en sover is ons gesond en aan die gang. Ek en Renda het by Elize gaan kuier in Kimberly tydens ons April vakansie en het dit BAIE geniet!Daar is 'n baie oulike plekkie net buite die dorp, 8 myl waar ons een oggend gaan spandeer het. Dit is 'n lieflike plek met baie diere wat jy kan voer en skopfietsies vir die kinders om op te ry sodat hulle nie te ver hoef te loop nie. jy koop 'n emmertjie met kos vir die diere en dan voer jy hulle, dit was groot pret!

Renda besig om die bokkie te voer.

Mamma saam met Renda op die gekose rooi skopfiets!
 
Tyd om nog kossies te gooi vir die hoenders

Renda saam met haar tannie Elize.
 
Lekker kuier by tannie Elize en lekker speel en sing!

Terug by die huis en weer tyd om koekies te bak saam met mamma!

Ek het nou die dag die kaste biki uitsorteer en toe ek vir poeksie soek het sy haarself so ewe tuis gemaak binne in die kas!

Renda is mal oor "up dress" Sy kies elke dag haar eie klere uit en somtyds maak sy my mal! Sy het een van die hoede in my kas ontdek en sommer besluit om dit dadelik op te sit.

Renda het 'n verjaarsdagpartydjie by die skool gehad en wou nie die partydjiehoed afhaal nie!



Ons doen nog elke week Kindermusik en Renda is MAL daaroor, sy sing al die liedjies saam en geniet die klasse vreeslik baie! Dit is ons musiek tannie, Mianda

Een van die maatjies, Logan en sy mamma

amper tyd om stokkies te speel

Aggg, ou poeksie is net te pragtig!


Hier hou ons lekker tweede verjaarsdag partydjie vir JW

Renda saam met tannie Betsie wat kom kuier het van die Kaap af.

Op die trampoline waar sy soos 'n wetenskap eksperiment lyk!! Haar hare het letterlik in die lug gestaan!

Nou eers tyd om 'n biki te verf, dit was groot pret!

Renda en Lynette by oupa Dries se 70ste verjaarsdag vieringe. Hulle het baie lekker saam gekuier!

Renda, Lynette en JW het heerlik saam gekuier!

Buite op die fietse saam met oupa Dries

Renda het nou vir 3 weke by oupa Daan en ouma Arenda gebly terwyl tannie Lyndell in Griekeland was. Hulle het dit noggal baie geniet en lekker gespeel en bubbles geblaas.

"Kyk mamma, so!"

Renda besig om biki TV te kyk en tee te skink


Ons het in Kimberly by die brandweer gaan kuier op die lughawe. Tannie Elize het dit alles vir ons gereel en dit was groot pret! Renda het gelukkig haar brandweerhoed op gehad!!


Nou ja almal, tot 'n volgende keer, mooi bly en liefde vanuit die de Beer huishouding!