Renda

Renda

Wednesday, March 30, 2011

30 Maart 2011

Hallo aan almal wat ons blog volg! Renda word groter by die dag! Ek geniet elke oomblik saam met haar en dit is vir my heerlik om 'n mamma te wees. Julle moet weet dat ek my bes doen met die oplaai van fotos, maar ek doen dit lekker deurmekaar, gelukkig sal julle die stories darem nog kan volg.
Ek het verlede week vir Renda gevat vir haar inentings by suster Leana. Sy weeg nou 5.5kg. is 60 cm lank en haar koppie se omtrek is nou 40.5 cm. Sy is 'n pragtige babatjie.

Hier is sommer net so 'n oulike fototjie saam met haar nuutste speelding, 'n massive soft toy slang. Sy kop is so groot soos haar lyf!  

en die slang is baie lank!

Hier sit sy en oupa Daan en kyk TV. Dis iets wat ek en sy nooit doen nie, so die prentjies is vir haar baie interessant. Hulle lyk vir my so oulik!

Weer terug by ons besoek aan die suster.. Hier is Renda sommer net all smiles, natuurlik voor die ente geneem!

Ouma Arenda moet maar saamgaan as daar gespuit word, ek wil nie nou al alleen met haar gaan nie, sal dit dalk later doen.

Op die skaal! Kyk hoeveel weeg ek al mamma!

Badtyd is steeds groot pret. Hier is sy sommer met 'n paar van die eendjies wat ok saam bad.

Die wurm is een van haar gunsteling speelgoed. Sy vroetel lekker mat haar handjies en "eet" graag  die voelertjies op sy kop.

 

Dit was een aand noggal koud hier by ons. Ek het haar lekker warm aangetrek vir die nag. Sy het te fancy gelyk met die pakkie en sy oortjies! 

Nog 'n badtyd foto....

...nou saam met die eendjies..

...en uiteindelik tyd om af te droog!
Nou ja julle, my kraamverlof eindig amptelik more en ek begin Vrydag 1 April weer te werk. Eerlik sien ek nou noggal uit om weer skool toe te gaan, onthou ek het baie "kinders" en begin hulle ok nou mis. Renda gaan by oupa Daan en ouma Arenda bly met Ntombie wat ook daar is om te help met alles.Als verder goed hier by ons. Thys land die 19de April en ons doop die 24ste April en hy vlieg weer terug die 1ste Mei. 'n Kort ou tydjie, maar ons sien baie uit. 

Liefde vanuit die de Beer huishouding!

Thursday, March 17, 2011

17 Maart 2011

Hallo aan almal wat ons blog volg. Hier volg sommer nog nuus en stories van ons doen en late die afgelope ruk. Renda speel heerlik op haar maag en geniet dit as sy haarself in die spieel sien. Soms gesels sy te lekker met die "maatjie" 

Ek het vir Renda die klein pram gekoop wat maklik hanteerbaar is. Dit lyk darem ook nie asof sy in die pram verdwaal nie. Die pram het 3 settings, so sy kan regop sit of lekker le en slaap.

Hier is Renda saam met Kevin Leo. Kevin het kom sing vir die bejaardes van Erasmia en hulle het die kosmos klub uitgenooi om saam te kom deel in die oggend. Oupa Daan en ouma Arenda is deel van die klub en ek het hulle gevat en ook konsert bygewoon. Dit was 'n heerlike oggend en Renda was stroopsoet deur die hele konsert! 

Hier is ek en Renda saam met Kevin. Ouma Arenda het haar bes gedoen met die kamera!  

Dit is so bietjie bederf as Renda in die oggende na 5 uur voeding by my in die bed bly, dan slaap ons laat. Hier het sy so pas wakker geword, en is die vriendelikheid vanself. Sy sterk ook altyd eers behoorlik uit voordat sy begin glimlag en gesels. 

Ek het sommer 'n paar van haar soft toys daar by ons in die bed, en sy vermaak haarself dan heerlik terwyl ek gou deur die stort spring en reg maak vir die dag.

Ons is mal oor lees, en ek hou daarvan om vir Renda boekies te koop. Hier lyk dit asof die boek net so groot soos sy is!

Natuurlik kon ek nie net een boek koop nie! 

Hier speel ons weer so bietjie op die maag. Maar ek moet se sy raak nou eintlik vrek oulik want as ek weer sien....

....het sy sommer self omgerol!

"dankie mamma, dit was nou genoeg maag speel tyd!"

Renda word vinnig groot en ek geniet haar vreeslik baie! Ek stuur op gereeld vir Thys fotos sodat hy kan sien hoe sy groei en grootword. Dit gaan goed met hom daar ver en hy geniet die werk. 
Liefde vanuit die de Beer huishouding!

Saturday, March 5, 2011

5 Maart 2011

Hallo almal! Hier volg nog nuus van Renda se doen en late die afgelope ruk.. Oor 2 dae, 7 Maart is sy 3 maande oud. Ek kan nie glo dat die tyd so vinnig verby vlieg nie! Ek speel nog elke dag lekker pop en geniet veral die uitsoek van outfits en matching shoes vir die dag. Sussie speel al vir rukkies op haar maag. Hierbo is sy besig om haarself in die spieel te bekyk. Sy kan darem so 2 minute uithou op haar maag voordat sy nou erg ongemaklik raak en begin kerm. 

Die speelmat sorg vir groot pret en sy kan haarself goed besig hou terwyl sy die speelgoed bekyk en skop dan alte lekker.

Hier is sommer net nog 'n foto wat ons geneem het voor ons dag begin. Moet net eers seker maak sy sit stewig en dan vinnig die foto neem!

Hier was ons net oppad na die Kindermusik klas, ek natuurlik mal oor haar outfit!

...en matching shoes!

Renda is regtig 'n vriendelike ou babatjie en deel graag glimlaggies uit. Sy begin nou heerlik te brabbel en sommer in haar eie taal gesels. Dit is so oulik en ek geniet om na haar te luister.

Kyk net hoe breed kan sy glimlag vir haar mamma!

Hierdie foto is geneem die oggend wat ons vir inentings gegaan het. Dit was 'n koelerige oggend en die giraffe pakkie was net die regte ding. Ek wil my doodlag as sy haar voete so skop, skop en die giraffes lyk asof hulle lewe. Dit het natuurlik vir groot pret gesorg!

Hier is ons vriendelike suster Leana. Sy het met soveel liefde en omgee vir Sussie haar spuite gegee dat sy nie eers vreeslik gehuil het nie! Renda het daai dag, 25 Februarie, 5.2kg geweeg, is 58cm lank en koppie se omtrek was 38cm. Suster se sy groei pragtig en is mooi op die kurwe wat sy moet volg.

Na die inentings het ons sommer in die mall gaan rondloop en toe ek die oulike slippers sien, kon ek dit mos nou nie net op die rak los nie! Ons is nou reg vir die winter.
Ek het vir Renda 'n bankrekening gaan oopmaak by ABSA. Toe ek die eerste keer daar was het ek natuurlik vergeet om 'n water en ligte rekening saam te neem so toe moes ek weer gaan. Die tweede keer het ek vir Renda saamgeneem bank toe. Sy was stroopsoet todat ons by die konsultant se kantoor ingeloop het!...Daar besluit sy dit is nou die tyd om 'n keel op te sit, nou ja, wat kan 'n ma doen? Ek bly toe maar kalm terwyl die konsultant al die vorms invul en ek moet net teken. Baie van die bank se personeel het natuurlik kom kyk of is alles ok want die rustigheid wat gewoonlik in die bank heers is daarmee heen! Dit klink toe eerder asof ons in 'n kliniek sit. Nou ja, ek het my kop hoog gehou toe ek daar uitstap - met 'n bankkaart vir Renda! 
Als gaan verder goed en Thys werk nog lekker daar in die vreemde. Ons cope en ek stuur gereeld maar vir  hom fotos sodat hy ok kan sien hoe Sussie groei. 

Groete tot later vanuit die de Beer huishouding!