Renda

Renda

Monday, February 4, 2013

21 Januarie 2012

Hallo almal, sjoe, uiteindelik 'n kansie om die nuus van die vakansie aan te stuur! Skies dat almal so lank moes wag. Ons het die 7de Desember 2012 gevlieg om by Thys te gaan kuier in die Ivoorkus. Dit was op Renda se verjaarsdag, en wie kan nou vir 'n beter geskenk vra as 'n 26 uur verjaarsdag! Ouma Arenda en Ockie het ons lughawe toe gevat. Toe ons moes inboek, verstaan hulle nie lekker dat die visa eers in die Ivoorkus gegee gaan word nie, ons vlieg met 'n letter of invitation. Nou ja, lang stories maar die bottom line is dat ons vlieg kaartjies, paspoorte en geelkaarte het, so vlieg gaan ons vlieg!

By die lughawe het ons eers ontbyt gaan eet. Renda kon self kies wat sy wou he en toe is dit tyd om lekker in te kleur. Ons het met assistance gevlieg, maar ons het dit eers gekry na mamma Maxie so biki baie ongeduldig was met die diens wat daar aan ons gegee is.

Hier is Renda op haar plekkie. Sy was stroopsoet deur die hele vlug van omtrent 8 ure. Sy het tv gekyk en lekker hard gelag as iets vir haar oulik was! In Abidjan het ons na die gastehuis gegaan nadat ons ingewag is deur die mense van Randgold. Dit was noggal 'n ervaring want die stuurwiel is aan die linkerkant van die karre, en dan ry hulle aan die "verkeerde kant" van die pad!

Die oggend het Renda van haar gewone slaaptyd ontwaak : 5:20 SA TYD, dit beteken dat dit 3:20 AM is in die Ivoorkus! Ons het toe maar ingekleur en hasies gespeel! Mamma was eintlik stokflou!! 

Die gastehuis se gronde is pragtig. Hier sit ons buite op die stoep. Dit is VREK bedompig, mens kan glad nie daar leek sonder aircon nie!

Lekker warm!

Die binnekant van die gastehuis

Orals sien mens sulke oranje taxis wat ry wanneer, en soos hulle wil!

Hier wag ons op die lughawe om met die charter te vlieg na Tongon myn. Ek mag die muis afneem, maar nie vir Renda nie!

Dit was KOKEND warm binne die vliegtuig!! Ek het vir Renda baie water gegee om te drink en ook haar gesig afgevee met 'n wipe.

'n foto van Abidjan genneem vanuit die charter.

Hier het ons nou geland, en Thys was daar om ons te kry. 

Hallo Pappa Thys! Ons is hier!

Thys het spesiaal vir Renda 'n bedjie gemaak en die beddegoed gaan leen. Renda en Mamma was aangenaam verras!!

Nou eers tyd om biki te rus onder die muskietnet op die mooi bedjie.

Dit was baie warm en ons het lekker geswem.

Kyk mamma en pappa! ek kan self!

Renda se speel hoekie in die kamer, sy het haarself ure vermaak daar.

Renda het eendag daarop aangedring om self swembad toe te stap! Dit het ons 'n goeie half uur gevat, maar ons het dit so geniet om te swem!

Lekker in die water!

Op die stoep voor pappa se kamer.

Die myn in die nag. Dis net liggies waar jy kyk.

Die boom is oortrek van voels.

So lyk dit as die vullis weggery word. Daar is orals op die kamp groen en blou asdromme. Die blou waentjie en donkie ry dan net die blou dromme se vullis weg en dan is daar 'n groen waentjie en donkie was die groen dromme se vullis wegry elke dag.

Pappa en Renda is die kabota. Sy het dit Vreeslik geniet om so saam met haar pappa rond te ry.

Dit is die kabota

Op die bed sommer net besig om te ontspan

Nou is Renda 'n hasie!

'n village in Khorogo wat ons besoek het. Hulle maak gare van katoen en dan weef hulle dit. Noggal baie interessant!


Ons het die skool ook gaan besoek, dit was in hulle vakansietyd, maar die opsigter het ons laat inkom en rondgewys.

Oppad Khorogo toe, Is maar tipies Afrika.

'n tradisionele petrolstasie.

iets waaraan ons meer gewoond is.

Renda en ek het elke dag gaan stap, sy het natuurlik ook die baba en pram saamgeneem!

Renda het geweier om te stort, so toe moet ons maar plan B volg en in die wasbak bad!

Renda en mamma swem!

Padwerke net buite nie myn.

Fotos het hier deurmekaar geraak! Dit is nog 'n foto van die skool.

Skoolgronde

In die village maak hulle krale. Dit is noggal iets om te sien en te beleef!


Renda saam met Suzette wat ook vir Randgold werk

By die hotel in Khorogo na ons baie shopping!

Nou eers tyd om ietsie te eet

Die kelner met ons drinkgoed en langs Thys is ons drywer en tolk, Jacoba

Ons drietjies!

Die swembad by die hotel

Renda en die panda kyk hoe die grond van die trok afgelaai word.

Die groot trok het grond gebring.

Hier staan en praat sy met die dak!

Tyd om in die grond te speel met die nuwe skoene wat sy uitgekies het by die mark in Khorogo

Geseende Kersfees Poeksie!

Daar was 'n ander mamma en seuntjie ook wat vir hulle pappa kom kuier het, Dit was great, want die twee kom mekaar vermaak en lekker besig hou!

Kyk hoe lekker speel ek mamma!

Net reg vir vakansie! Ons het Kersdag by troy hulle gaan tee drink, die mans was op die myn wat natuurlik die vorige dag gebrand het. Noggal aardig om te sien hoe swart alles kan word as 'n myn brand, niemand het gelukkig seer gekry nie, maar ons Kersdag was bietjie gespoil!

Lekker swem saam met Troy

Heerlike Kersete wat hulle vir ons voorgesit het!

Hier het ons kos geskep en geeet.

Die twee het in die shop gewerk op die myn, hulle was mal oor Renda!

Pappa en Renda in die eetsaal

Kyk mamma, Groot sand!

Die shop op die myn se binnekant

Tyd vir family photo!

Shop pryse, lyk noggal erg want alles is gemerk tot in die duisende!

Hier is Gerhard en Renda, sy was MAL oor hom en het elke oggend vir my gevra waar is Gerhard?

Pappa en Bennie, Renda het net so lekker saam met Bennie gekuier!

Renda en Johan, Hulle het mekaar net so geniet!

Laaste biki pap eet voor die dag begin.

Op tongon lughawe, net voor ons teruggevlieg het.

Pappa in die verte, voor ons opstyg

Ons het die dag in die gastehuis deurgebring want die charter moes vroeg al uitvlieg

Amper tyd om huis toe te gaan

Op die vliegtuig oppad terug na SA

'n moeg mamma en Renda

In die eetsaal was daar soos 'n spieel waarmee Renda haarself vermaak het!

In die charter oppad Abidjan lughawe toe.

Skies vir die laaste paar fotos wat so uit plek is, ons het heerlik vakansie gehou en so lekker gekuier by Thys. Liefde solank vanuit die de Beer huishouding!