Renda

Renda

Tuesday, February 15, 2011

15 Februarie 2011

Hallo almal! Hier is van die fotos wat ons laat neem het voor Thys weg is Ivoorkus toe. Geniet dit, Ek kan oor en oor daarna kyk, dit is vir my ongelooflik mooi!

















Liefde vanuit die de Beer huishouding

Saturday, February 12, 2011

12 Februarie 2011

Hallo aan al die vriende en familie wat ons blog volg! Hier volg nog opwindende nuus van Renda se doen en late. Eerstens moet die mamma net omverskoning vra vir die fotos wat so deurmekaar is, het gedink ek is oulik en 'n ander way gevolg, en toe werk dit nie heeltemal reg nie. maar julle sal darem nog die storie kan volg! 

Ons het ons eerste Kindermusik klas bygewoon! Dit was heerlik en Renda het dit geweldig geniet! Elize het saamgegaan sodat sy vir ons die fotos kon neem. Daar is baie verskillende aktiwiteite en wissel elke week. Hier het ons op die balle gehop en tik. Die liedjie was oor 'n drom en dan stop ons as die drom ophou speel. 

Hierbo is nog 'n foto op die bal. Dit was nie te vreemd vir Renda nie, want sy het so bal by die huis waarop ons ook speel.

Die volgende paar fotos is by die huis geneem. (Dis nou waar mamma deurmekaar geraak het!, Moes nie tussen musiekklas fotos wees nie.) Renda word in die oggende stroopsoet wakker en roep my nie dadelik nie. Sy le en gesels met haar diertjies.(die mobile het diertjies) Sy geniet noggal om haar vuisies te eet en kwyl lekker vir 'n dogtertjie van 2 maande. 

Ons het van die fotos vir ons pappa gemail sodat hy kan sien hoe sy wakker word. Hy kan nie die blog access daar in die Ivoorkus nie. Ons deel graag die mooi fototjies met julle.

Hier wys ons vir pappa hoe lank sy al geword het. Hy weet darem hoe groot die donkie is, so kan dit daarmee vergelyk.

Nou ja, terug by Kindermusik! Ons speel voor die klas begin met balletjies wat die juffrou vir ons uitsit. Hier rol ek sommer die balletjie oor haar lyfie.  

Ons doen ook babamassering in die klas. Dit is waarmee ons hier besig is. Mamma masseer nou Renda se armpies. 

Ons dans baie in die klas. Hier is ons besig om "hoog" te dans. Lesfokus was op hoog en laag.

Hier is ons ok besig om te dans.

Ons speel klokkies!

Die hammock was GROOT pret. Renda was doodstil die heeltyd.

Hier sing ons saam met ons klas juffrou, Stephanie. Sy is 'n goeie vriendin van mamma. 

Ons sing saam met die ander maatjies in die klas.

Sjoe, dit was harde werk! Hier rus ons eers. Dankie mamma, dit was 'n lekker klas!
Mamma het hierdie week vir my knippies vir my hare gekoop. Kyk hoe oulik lyk ek!

Sommer net nog 'n foto van Renda met haar eerste haarknippie.
Sal later vir julle fotos aanstuur van ons fotosessie. Die fotos het pragtig gekom, ek sukkel net nou om dit op die blog te kry, en voedingstyd is naby!
Liefde vanuit die de Beer huishouding.