Renda

Renda

Sunday, April 7, 2013

7 April 2013

Hallo aan almal! Hier is weer biki nuus van Renda. Ons het 'n besige eerste termyn beleef maar is gesond en dit gaan goed. Renda het nou begin om na 'n speelgroepie te gaan elke oggend. Daar is net 8 maatjies en ouderdomme wissel van pap babatjie tot so 4 jaar. Sy geniet dit vreeslik om na tannie Lyndell te gaan en  sy is mal oor die maatjies! die speelgroepie is naby die skool en ek tel haar op so by 2 uur se kant elke middag. Sy was hier aan die begin van februarie skielik sommer siek met 
n woeste koors en loop neus. natuurlik alles simptome van malaria en aangesien ons in die Ivoorkus was, was ek sommer dadelik BAIE bekommerd. Ek het haar by die skool gaan haal en toe was die koors 39.2! Sy was so pap. Ons het toe laat toets, maar die uitslag was gelukkig negatief. Sy het net 'n vreeslike unienweg infeksie gehad wat ons kon behandel met antibiotika.Ek was so 'n verligte ma!

Renda laat darem nou al toe dat ek haar hare mag vasmaak, sy praat van "lettie" hare. Sy lyk eintlik te pragtig met die haartjies! Eem van die maatjies by die skool het Renda nou al 4 keer gebyt! Haar een arm het nog 'n vieslike blou merk op, toe ek haar vra wat sy gedoen het, toe se sy "ek het hom gese hy is naughty! "

Ewan het biki vir Renda kom kuier! Hier eet hulle pies, terwyl Renda se hare set!

Ons het op 'n wildsplaas gaan kuier terwyl pappa Thys hier was, hier is ons reg vir ons uitstappie van die dag! 

"hier is ek mamma!"

Saam met pappa Thys op die wildsrit

"Waar is Renda nou Mamma?"

Op die lughawe toe ons vir pappa Thys gaan afsien het.

Renda en ek was saam met Nicolene, Johan en JW na die dieretuin. Dit was BAIE lekker en die kinders het hulle gate uit geniet!

Renda by die olifant

Hier kom mamma Maxie met Renda en Mamma Nicolene met JW

Sjoe! nou is ons dors! eers tyd om biki te rus en water te drink.

Die tweetjies besig om op die pad te stap 

Renda en mamma by die tier se hok.

Ek en Renda het saam met die vroue van die kerk gaan kamp. Dit was heerlik! Renda wou elke dag haar pantoffels aantrek.

Renda en JD speel heerlik op die gras.

Hulle het heerlik saam fiets gery!

Ons is reg om kerk toe te gaan. 

Dis heerlik om saam fotos te neem en ons het weer 'n paar fotos laat neem by momento photography. Renda het haar gate uit geniet, en ons het pragtige fotos van ons 3tjies! Ek deel sommer net 'n paar van hulle met julle!










Liefde tot 'n volgende keer vanuit die de Beer huishouding!
Xxx