Renda

Renda

Tuesday, February 7, 2012

7 Februarie 2012

Hi almal. Weet ek het gister die blog ge-update, maar hier is nog 'n paar fotos en bietjie nuus. Ek en Renda het gaan vakansie hou en Durban toe gevlieg. Dit was vreeslik lekker! Die vlieg was 'n nuwe ervaring, maar Renda het nie eers een keer gehuil nie! Dit was 'n MASIEWE pakaas wat saam gegaan het, 2 tasse, 1 vir my en 1 vir haar. 1 handbagasie sak (groot rugsak natuurlik) karstoeltjie, pram en camping cot!! Needless to say, ons het met hulp gevlieg. Die diens by lanseria was ongelooflik maar ek kan nou nie dieselfde se van King Shaka nie! Ons het by neef Christoffel en sy vrou Lindi gaan kuier wat in Hill Crest bly. Dit is 'n pragtige area en ons het gaan stap en geswem en een dag see toe gery. Christoffel het ons op die lughawe kom haal, en hy wou net weet vir hoe lank ons gaan bly nadat hy al die bagasie gesien het! Ons het heerlik gekuier. Hendrik, Leani en die kinders het ook daar gekuier en die ander familie het on Totie gebly. Heerlike woonstel op die strand! Ons het die een dag daar gaan kuier en dit was heerlik. Ek het nie fotos geneem die dag nie, sukkel maar soms so om alles gedoen te kry! Ons het die aand van die 24ste Des terug gevlieg huis toe, en kan jy glo, die vliegtuig was vol!! Kersdag was ons net rustig by my ma hulle. Thys het die 1ste Jan 2012 geland en ons het hom met groot opgewondenheid op die lughawe gaan haal. Renda het hom vreeslik geniet en sy en haar pa het lekker saam gespeel en natuurlik ook musiek geluister.
Renda het natuurlik waterpokkies gehad! Sy was die soetste siek babatjie wat jy nog gesien het! Het blasies oor haar lyfie gehad en op haar ooglid het ok 'n lastige ou blasie gesit.Wel, kan darem nou se dat ons een kinder siekte agter die blad het!
Lekker op die springkasteel by Lynette se verjaarsdag.

Moet mamma nog fotos neem?

Lekker in die musiekklas

Kyk net al die lekkeer dinge wat ons doen

Let op dat Renda die sosiale vlinder in die klas is, en dus is sy oral behalwe by my waar sy eintlik moet wees!

Kyk die shaker!

'n Waterpokkie lyfie

'n waterpokkie gesiggie. Nee Mamma moet dit nie afneem nie, ek sal die kamera se lens toemaak!

Kyk net die ou gesiggie

Lekker yogurt! My en mamma se favourite!

Ons teken weer 'n biki

Lekker in die bad saam met die eendjies

Op King Shaka lughawe voor ons op die vliegtuig klim.

Lekker kuier in Natal!

Net voor ons op die vliegtuig klim op Lanseria

Ek is reg om te vlieg mamma

Biki pret tyd met 'n fancy hoedjie op die kop! 

Dankie mamma, ek wil van daardie he.

Liefde uit die de Beer huishouding

Monday, February 6, 2012

6 Februarie 2012

Hallo aan almal wat ons blog volg. Aarde julle! het ek nou gesukkel met ons e-mail en internet!! Kan nie glo dat ek 3 maande laas iets op die blog gesit het nie! Skies dat julle so lank moes wag.
Hier by ons gaan dit baie goed. Renda is pragtig en groei by die dag. Sy is nou besig om tande te sny en dit is natuurlik DUIDELIK sigbaar in die doeke! Van die kiestande is al daar en as sy haar mond so groot oopmaak sien jy hulle te pragtig! Sy staan vreeslik mooi op haar eie en moet nou net die moed bymekaar skraap om die eerste paar tree te gee. Ek stuur vir julle 'n paar fotos van die afgelope ruk se doen en late, insluitende die verjaarsdagfotos. Dit was so 'n lekker dag en ons het dit so geniet. Hou maar dop, ek stuur gou weer fotos aan met nog stories, veral van ons musiekklas, dit is Renda se gunseling aktiwiteit vir die week!

Liefde vanuit die de Beer huishouding
Hier help Renda vir mamma met die wasgoed!

Saam met ouma Bettie en oupa Hans

Saam met oupa Daan en ouma Arenda

Die verjaarsdagkoek

Saam met die maatjies

Lekker bubbles geblaas!

Weee!! Af by die glyplank

Swaai, swaai

Tyd om pakkies oop te maak. Ewan kom help.

Renda en Lynette

In die boks saam met al die persente!

Moeg ge-party

Ons teken met die vetkryte wat Renda persent gekry het

Mal oor swem

Saam met mamma in die water.
Xxx