Renda

Renda

Thursday, July 7, 2011

7 Julie 2011

Hallo almal! Hier gaan dit goed al kry ons net baie koud. Renda was lekker besig die afgelope ruk en dit gaan baie goed met die poppie. Ek leer haar om water te drink uit 'n bekertjie. Die een op die foto het nou 'n strooitjie, so dit gaan maar stadig, maar sy probeer haar bes!

Ek het vir haar 'n ander bekertjie gaan koop wat 'n tuit vooraan het. Sy suig nog nie lekker nie, so ek laat die water maar net uit die tuitjie loop, sy is baie gretig om ook te probeer en dit sorg vir groot pret.

Kyk mamma!! ek kan self!

Badtyd bly maar die hoogtepunt van die dag. sy sit nou al mooi regop, elke dag vir 'n langer stukkie en sy is altyd vol smiles!

Lekker in die bad!

Sommer net 'n mooi foto waar sy vir mamma gekyk het so tussen die boekies lees en speel deur.

Ek het vir haar 'n glockenspiel gekoop. 'n duur, behoorlike een sodat die note darem op pitch is. Sy is mal daaroor!! Sy hou die mallet vas en slaan heerlik dat dit groot pret is!

Ons speel elke dag so stukkie op die instrument. Sy laat my heerlik lag as sy so speel en soms alles behalwe die glockenspiel raak slaan!
Dit was nou sommer so 'n vinnige en kort update oor die dinge hier by ons. Sal later weer nuus aanstuur.
Liefde vanuit die de Beer huishouding.