Renda

Renda

Sunday, November 13, 2011

13 November 2011

Hallo vriende en familie! Sjoe!! ons kry ongelooflik warm die afgelope paar  dae. Ons het sommer biki afgekoel in die waskom!

Kyk mamma! Dis heerlik.

Renda borsel "self" haar tande

Hier kruip Renda deur die tonnel. Sy kruip so vinnig dat die foto geblur het.

Ons luister musiek en klap saam hande. 

Renda begin nou opstaan teen alles. Sy loop nog nie terwyl sy aan die meubels vashou nie, maar dit sal nog kom.

In die kar toe ons vir pappa se tyres gewag het.

Ouma Arenda en Oupa Daan het ook saam gery

Kyk hoe mooi glimlag ek! daar is nog net die vier tande, die ander sal ook seker eers later kom.

Renda wil nou graag self eet. Dis biki van 'n gemors maar ek gee nie om nie.

Lekker vuil bekkie!

Kyk daar's mamma! Lekker in die bad. Sy is mal oor water

Ag! die ou gesiggie!

Renda wil nou self die boekies uithaal.

Hier is sy besig om te lees uit haar Kersfees boek.

Kyk, hier is die beertjies mamma!!

Lekker in die sproeiers saam met mamma.
Groete en liefde vanuit die de Beer huishouding!