Renda

Renda

Tuesday, August 23, 2011

23 Augustus 2011

Hallo al die vriende en familie wat ons blog volg. Sjoe! dit gaan regtig maar lekker dol hier by ons en darom het ek so lanklaas aandag aan die blog gegee. Skies vir al die getroue volgers wat so lank moes wag om weer fotos te sien en nuus te lees!

Dit gaan goed met Renda en sy is nogsteeds my prinses! Hier speel sy weer met "punch the clown", sy geniet die ding vreeslik baie.

Sommer net vol glimlaggies!

Op koue dae soek ons 'n sonkolletjie in die huis waar ons kan speel, hier is sy op haar speelmat in die kamer.

Ek het eendag so voor die rekenaar gewerk terwyl sy op die bed was, toe ek weer kyk het sy haar sokkies uitgetrek en sien ek net 'n hand en 'n voet uitsteek, dit was te kostelik!

Sy geniet die stapel ringe baie, veral die eendjie!

Glimlag mooi vir mamma!

Hier is sy by haar laptop. As ek op die rekenaar besig is, werk sy ook op hare.

Sy sit hier saam met wit muis en sy kombersie

Het mos gese sy hou baie van die eendjie!!
Hier is sy weer stukke besig op haar laptop.

Sommer pret fotos met die pink outfit en wit truitjie.

Op die foto kan jy haar onderste twee tandjies mooi sien. Sy en ouma Arenda het sirkus gemaak met die kopdoek!

Nou 'n ernstige foto. 

My kar het gebreek en ons moes toe met pappa se bakkie ry, kyk hoe oulik lyk ek mamma!

Liefde vanuit die de Beer huishouding!
Gaan my bes probeer om gou weer te update.