Renda

Renda

Sunday, October 9, 2011

9 Oktober 2011

Hallo al die vriende en familie wat ons blog volg. Sjoe! Ek het lanklaas ge-update, maar ons het 'n lekker vol program gehad intussen.
Die hoogtepunt was natuurlik die besoeke van die ooms en tannies, nefie en niggies van Melbourne en San Diego. En ons het heerlik gekuier. Thys was ook weer by die huis en dit was heerlik om hom hier te he. Renda het wonderlike tyd saam met hom gehad, sy is mal oor haar pa!

Hier slaap Renda.Sy het so ongemaklik gelyk, ek moes dit net afneem!

Ons is hier in die musiekklas, besig om te oefen. Ek gee het net een mallet op 'n slag,  anders is sy skoon deurmekaar!


Hier help Renda vir mamma om papiere te plak. (mamma het vergeet om die foto te draai!)

Mamma en Renda neem deel aan Bokke vrydag!

Op die wegbreek naweek saam met die familie. Renda was mal oor die water en het lekker geskop en spartel.

Kyk hoe lekker speel Renda saam met Rozelle! Uiteindelik het die twee mekaar ontmoet.


Elize trek in haar eie plekkie in. Hier is Renda op die vloer besig om ok vir Pappa te help!

Renda het nou begim kruip! Dit is pragtig om te sien. Sy werk nou om haar tempo op te stoot, en dit vorder noggal goed.


In die flower pot!

Kyk net hoe lekker is dit by my Pappa!!

Renda het Rozelle se verjaarsdagpartytjie vreeslik geniet!!

Kyk mamma! My eerste proe aan versiersuiker. (sy het haar gesig vreeslik getrek!)

Pragtig saam met al die nefies en niggies en ouma en oupa. Elmarie het so mooi met haar niggies gespeel en gekuier, sy was 'n ster met die babatjies!

Hier is Renda besig om naaldwerk te doen saam met Tannie Elize. Sy het haar eie maatband om haar nek!
 

Ouma se verjaarsdagete. Ons is uitgevat vir die geleentheid. Renda het die knippie by Rozelle en Tannie Bonnie gekry.( Baie verskillende kleure)

Kyk mamma! ek kruip die wereld vol!
Renda het nou begin om nog tande te sny. Ek sien vandag die boonste tweetjies is besig om te verskyn. Sy is maar bietjie knieserig as gevolg daarvan, maar is darem nie koorsig en vreeslik siek nie.
Sal almal steeds op hoogte hou van die doen en late hier by ons, vir eers is dit al.

Liefde vanuit die de Beer huishouding.