Renda

Renda

Thursday, March 6, 2014

6 Maart 2014

Hallo daar aan almal wat die blog volg. Kan nie glo dat ons al in Maart is van 2014 nie! Die jaar het baie goed begin met wonderlike uitdagings en lekker aktiwiteite!

Ek en Renda het die 4de Januarie geland in SA na 'n heerlike kuier by Thys in die Ivoorkus. Die jaar het sommer afgeskop met Betsie se heerlike 40ste verjaarsdag partydjie in Magalies! Ons het dit so geniet om saam met die familie te kuier.

Hier is Renda , Lynette en JW besig om heerlik saam te kuier en eet.

"Kyk mamma, my bordjie is amper leeg!"

Lekker met ons voete in die swembad.

Renda en JW soek akkertjies wat op die grond geval het.

"Kyk hoe dans ek mamma!"

Renda dans terwyl ouma Arenda op die foon praat. 

So het die eerste skooldag ook aangebreek, en Renda het heel opgewonde gewag om na die Duck class te gaan... sy is mal oor skool en het die volgende dag vir my gevra of ek haar asseblief weer duck class toe sal vat en haar daar sal los! 

Die klas juffrou is Mrs. Nicole Londt en die klas assistent is Ms. Pillay. Renda is baie lief vir hulle al twee.

Renda en Ms Pillay besig om klei te speel..

Hier was Poeksie hande in die badkamer. Als is klein sodat die kleuters self kan regkom. dis baie dierbaar om te sien!

van die eerste prentjies wat huis toe gekom het...

Lekker geverf!

eerste dag na monkeynastix! Renda is mal daaroor en brag met die sticker wat sy gekry het.

Renda het die jaar ook begin swem en ons moes die goggles en swem cap kry, Sy was baie in haar skik met die outfit!

Langs die swembad by die skool. Renda geniet dit baie en die instructor is ook baie oulik! 

So biki saam kuier met die familie met Nicolene se verjaarsdag.

Lekker geslip en slide!

Kian en Renda wag vir die water om klaar te loop.

Lynette, Renda en JW, reg vir aksie!

By die skool saam met haar maatjie, Luke. Hier eet hulle jelly by die aftercare

Die nuwe toevoeging tot die familie! Renda is mal oor die mini, (mamma ook)!

nog prentjies wat huis toe gekom het!

Renda het 'n blom gemaak van die klei.

Renda en Gerhard op die glyplank met Gerhard se verjaarsdag partydjie!

Biki siek en moeg geparty.

uitgepass in die kar na 'n lang dag!

Heerlik saam met Ewan en Rozelle gekuier en ons is met die kabelkarretjie op by Harties dam. Lekker!!

Opgewonde saam met pappa voor ons op die karretjie gaan klim

Tannie Bonnie, Rozelle en oom Cobus 

Mamma, Renda en Pappa, oppad na bo...

Ewan, Rozelle en Renda

Lekker op die springkasteel!

amper tyd om weer ondertoe te gaan!

Lekker swem by Buffelspoort, dit was 'n lekker wegbreek naweek saam met die de Beer familie.

Renda en pappa Thys is die water


Rozelle en Renda oppad na ouma en oupa..

Agter in die caddy, oppad na die swembad!

Mamma en Renda ontspan langs die swembad.

Lekker laf by die huis!

Renda het die pragtige prentjie geteken van ons! Pappa is links met die bruin hare, mamma in die middel met die rooi hare en Renda regs met blonde hare, sy was veral beindruk met die sonnetjie regs bo in die hoek!

Ons is besig om 'n trip te beplan na die VSA! My aansoek om 'n internationale Orff kursus in San Fransisco te gaan doen, is goedgekeur! Die beplande trip is van einde Julie tot begin September en daar is nog baie beplannings werk wat gedoen moet word, maar ons is opgewonde vir die geleenteid! Sal julle op hoogte hou van wat als gebeur. Gaan na die kursus by Cobus, Bonnie en kids kuier in San Diego en Thys sluit ook by ons aan uit die Ivoorkus! Lekker!!

Liefde solank vanuit die de Beer huishouding van Wierdapark.
Xxx

Sunday, December 29, 2013

29 Desember 2013

Hallo almal. Ja, ons leef nog! ek het net geen kans gehad om die blog te update vir so 'n lang ruk nie, groot askies dat julle so lank moes wag vir nuus!!
dit gaan baie goed met Renda en sy het 'n heerlike jaar geniet by Lyndall en baie nuwe vriende gemaak, geleer om te deel en net 'n maatjie te wees. Sy het sommer skielik groot geword deur die jaar en is nou reg om volgende jaar na gr 000 te gaan. renda is in die duck class by Mrs. Londt vir 2014 en ek sien baie uit dat sy by die skool gaan wees saam met my :) ek deel nou baie fotos met julle van die jaar. Ons kuier op die oomblik by Thys is die Ivoorkus en geniet dit baie om hier by hom te wees! Renda geniet dit om te vlieg en sy is stroopsoet op die vliegtuig, ons kuier nou hier tot die 3de Januarie en dan is ons weer die 4de terug in SA en reg vir 'n nuwe jaar met nuwe uitdagings!



































































Nou ja, baie fotos en baie dinge! liefde tot later
Xxx