Renda

Renda

Saturday, April 7, 2012

7 April 2012

Hallo aan almal wat die blog volg. Skies dat julle weereens so lank moes wag vir nuus. Gaan vreeslik dol! Het gelukkig nou skoolvakansie en kan biki meer aandag aan ander dinge gee. Thys kom ook huis toe volgende Vrydag en ek en Renda kan nie meer wag dat hy weer by die huis is nie. Renda het begin loop so 'n hele paar weke terug. Sy het van oor tot oor gesmile toe sy dit regkry! Sy stap nog net die wereld vol, en is ver van hardloop af, maar ons werk daaraan. Sy neem natuurlik haar handsak ooral saam as ons gaan ry, binne-in is al die nodige - selfoon, sonbril, remote en lipstick! Ons gaan NERENS sonder die handsak nie! Sy is mooi gesond en begin nou woordjies agter my aanse. Koeskoes is koe koe en kaas is kaa. Dit is te pragtig om na te luister. Sy het nou 'n effense loopneus - dink dis van die inentings verlede week - en sy vee graag haar eie neus af. Sy vat die tissue so en frommel dit op en vee dan oor haar neus, Haar ma dink natuurlik dis baie oulik! Renda is nou 75cm lank en weeg 8.7 kg. Sy is heeltemal van haar kurwe af. Ek kan my nou nie daaroor ontstel nie, sy eet gesond en goed, en haar ogies blink en sy wil heeldag klavier speel, sy is nou maar net biki klein! Die fotos is die afgelope ruk se doen en late. Geniet dit!   

Renda verf

Sy het dit baie geniet!

Tyd om te gaan bad na die verf sessie

Lekker mamma! Kyk die skuim.

Lekker klaar gebad

Moet net gou hare kam

Nou is dit tyd om vir pappa te bel

Hallo pappa!

Renda en JW het heerlik saam gespeel toe hy hier gekuier het van die Cayman eiland af!

Tyd om te teken in die bad.

Ons het gaan tee drink by juffrou Esther

Hier lees Renda saam met juffrou Esther stories

Tyd vir 'n klavier duet saam met Lynette

Kyk hoe lekker speel hulle!

Renda voor die klavier..

Wat 'n heerlike skopfietsie!


Lynette en Renda

Reg om saam met mamma te gaan ry!

Storietyd!

Weer tyd om 'n biki klavier te oefen

Renda en Ewan eet lemmingtons. 

Sjoe, maar dis te lekker!

Renda op haar stoeltjie voor die TV.

Moet net gou vir mamma help om 'n faks te stuur.

Lekker klaar geeet.

Liefde vanuit die de Beer huishouding!