Renda

Renda

Monday, June 20, 2011

20 Junie 2011

Hallo familie en vriende wat ons blog volg! Dit is heerlik vir my om weer 'n bietjie te kan skryf oor ons doen en late die afgelope ruk. Dit gaan goed met Renda en sy is sover  nog heel gesond al het ons 'n paar ysige dae beleef. Die ou mondjie glimlag altyd en die ogies straal! Ek het noggal vir Thys gemis met sy eerste vadersdag en dit was sleg dat hy nie by die huis was nie, maar ons het hom darem 3 keer deur die loop van die dag gebel om hallo te se. Renda le en gesels heerlik en net soos ek vir Thys bel, hou sy op en bekyk die foon aandagtig en strek handjies uit om te vat en te voel, maar van gesels wil sy dan niks weet nie!

Julle! Die opblaas clown sorg nou regtig vir groot pret! Renda raak vreeslik opgewonde as ons die clown so punch en hy elke keer net weer regop spring. Sy kraai behoorlik van plesier en dan skop daai voetjies om ook saam deel te neem aan die pret. 

Daar word nog baie op die magie gespeel en hier is sy saam met haar pop, Lientjie. Hulle kan 'n hond uit 'n bos gesels.

Elke aand na badtyd dan lees ons 'n storie. Ek dink Renda geniet die boekies lees baie en ek is seker sy herken van hulle al.

Nou ja, na bad- en storietyd is dit slaaptyd. Lekker knus onder haar warm kombersie.

Lekker slaap poppie!

Dit gaan so goed met die etery! Sy is mal oor die kossies wat haar mamma vir haar voorberei. Sy huil sommer hartlik as dit te gou op is na haar sin.

Hier speel sy sommer op haar speelmat.

Kyk net hoe geniet sy dit op haar rug met die pers kameelperdjie bokant haar kop!

Ons het regtig 'n paar yskoue dae gehad. Het natuurlik gesorg dat Renda ekstra warm aangetrek is vir die dag.

Sy lyk vir my soos pippie langkous met die mussie.

en natuurlik bypassende mittens!

Nou ja, as mamma 'n klavier juffrou is,moet sussie seker een of ander tyd ook 'n beurt agter die klawers kry. Sy lyk eintlik te kostelik as sy die klawers so druk en die klank hoor.

Kom Sussie, mooi ronde vingers!

Kyk mamma! Ek kry dit mooi reg.
Vir eers is dit al. Sal later weer nuus en dinge aanstuur.
Liefde vanuit die de Beer huishouding.

Saturday, June 4, 2011

4 Junie 2011

Hallo almal. Sjoe! ek het 'n maand laas bietjie nuus en fotos aangestuur, maar dit gaan met rukke maar lekker rof met 'n mamma wat voltyds werk en 'n pappa wat in die buiteland is. My voete vat net plek plek grond en daarom dat ek so lank laas ietsie geskryf het. Hier is nog 'n paar fotos en dinge van die afgelope ruk. Geniet dit!


Die foto is geneem toe Thys nog hier was, Renda help vir pappa by die rekenaar.

Speeltyd op die magie...

Nog speeltyd op die magie

Dit lyk hier asof sy le en boek lees!

Mamma se poppie

Kyk mamma! Al my speelgoed, neem gou, ek gaan omrol!

Klaar gebad en reg vir slaaptyd.

Hier is ons buite in 'n teetuin. ons het gaan kuier saam met oupa Dries, ouma Elbeth Tannie Bea en Lynette. Oupa Daan en Ouma Arenda het ook saam gekuier.

Ons moet maar lekker vroeg in die oggende roer. Ouma is altyd reeds aangetrek en reg om ons te ontvang teen 6 uur. Dis winter. so dis koud en donker daardie tyd.

Vroeg oggend sit ek maar vir haar oormussies op..

Kyk net hoe oulik! (mamma het natuurlik vergeet om die fotos te draai!)

Ons was baie opgewonde vandag want ons het met vaste kossies begin. Vir 'n eerste keer het dit wonderlik gegaan en was Sussie all smiles!!

Mamma het die handoek mooi om Sussie gedraai sodat ons nie te veel moet mors nie!

Kyk almal! Lekker pap!

Kyk net hoe mooi hap Renda.

En wat wou! Sy wil ook self probeer!!
Ek stuur weer later nuus en fotos, vir eers is dit al.

Liefde vanuit die de Beer huishouding!