Renda

Renda

Sunday, May 13, 2012

13 Mei 2012

Hallo almal! Uiteindelik weer biki nuus vanuit die de Beer huishouding! Dit gaan goed met ons rn Renda groei en is net te pragtig vir haar ma. Thys het haar geweldig geniet toe hy nou hier was en Renda wou net saam met Pappa in sy bakkie ry! Sy wys dan vir hom hy moet die radio aansit en dan hou sy tyd en swaai haar arms in die lug. Dit het so dol gegaan in die tyd wat Thys hier was dat ek skoon vergeet het on fotos van hulle twee saam te neem. Renda het dit natuurlik vreeslik geniet om saam met haar pa builders warehouse en chamberlains toe te gaan. Dit was vir my ok heerlik want dan het ek ok gou 'n vinnige blaaskansie gekry om iets anders te doen. 

Dit wil lyk asof ek en Renda so 'n biki van 'n loop neus het. Hier blaas sy haar eie neus!

Die oulike sakkie het Ewan hulle vir haar gegee. Dit moet oral saam gaan en sy wil dit graag op haar rug dra. Sy het natuurlik haar eie wil en wil dinge graag self doen. Nou die oggend  het sy self besluit dat sy groen tekkies by haar pienk outfit wil aan he. Ek kon die outfit verander maar nie die shoes nie!!

Sy is net 'n poppie en ons is baie gelukkig dat sy regtig goed eet. Sy wys vir my as sy honger is, en sit dan in haar stoeltjie om te eet. Sy se "bib" as ek haar borslap aansit. Renda begin ook nou om woordjies te probeer herhaal. Kaas is kaa en kar is ook kaa, maar ek weet gelukkig as sy voor die yskas staan dat sy kaas wil he!

Renda is mal oor Lollos! Dit is so blou mannetjie met vlerkies en hy kom van die planeet Lalla land. Hy sing en dans en Renda is mal daaroor. Sy tuit haar lippies so as sy wil se "lollos"Hieer sit sy op die trap en kyk TV

Ons het so paar koeler dae hier gehad en die baadjie was net die regte ding vir die oggende. Dit het een dag noggal warm geword, maar Renda het volstrek geweier om die baadjie uit te trek!!

Badtyd is nog steeds die hoogtepunt van die dag!

Lekker in PJs op pappa en mamma se bed.

Lekker kuier saam met pappa voor die dag begin.

Altyd ou vriendelike gesiggie
 

Nou die dag was ons so biki verveeld by die huis toe gaan speel ons op die speelgoed by die kerk. Dit was 'n lekker uitstappie en ons het dit baie geniet!

Eerste keer op 'n swaai, dit was baie lekker.

Nou eers biki rustyd!

Stuur weer anderdag nuus! Liefde vanuit die de Beer huishouding