Renda

Renda

Sunday, November 25, 2012

25 November 2012

Hallo aan almal. Ja! Ons leef nog, gaan maar net lekker dol soos dit maar seker met almal gaan! Die laaste nuus wat ek gestuur het, was net na Thys terug is Ivoorkus toe, nou ja, hy was nou hier en is nou weer al oppad terug werk toe. Die lekker nuus is dat ek en Renda vir drie weke gaan kuier en ons is baie opgewonde. Ons geel kaarte is uitgesorteer, vliegtuig kaartjies geboek en paspoorte is reg. Ons vlieg op Renda se verjaarsdag, 7 Desember en sal weer terug wees in SA die 29ste Desember. Ek vertel maar die nuus soos wat die fototjies volg. Ons is gesond en kan nie wag vir die skool om te sluit nie!
Ek het vir Renda die sandput gekry. Sy speel altyd so lekker by oupa Hans en Ouma Bettie in die sand dat ek maar net 'n plan moes maak.

Sy wil letterlik elke  dag klavier speel. Sy roep my, en dan moet ek langs haar sit en die musiek aansit en tel,  nes 'n properse les!

Renda blaai self.

Net gou 'n nota maak van die ritme wat ons moet speel!

Renda en Lollos op die fiets. Sy ry die huis vol en kry dit nou al lekker reg om vinnig te ry.

Ons het een more heerlik klei gespeel en toe besluit mamma ons gaan sommer koekies bak...

Ons het alles reggekry voordat ons begin het.

Net eers biki sout gou mamma!

nou is dit tyd om te klits

Nadat mamma die deeg uitgerol het, druk ons vormpies vir die koekies.

Daarsy!! Koekies is klaar gebak.

nou is dit tyd om die koekies te eet!

Ons het vir Renda 'n klimraam gekry en dit hou haar lekker besig. Die klimraam is op die voorstoep,so dit is veilig vir haar om daar te speel. Ons tel die trappies soos sy opklim...

Sjoe, nou is ek bo mamma

Jippeee!!! Tyd om af te gly.


Hallo almal! ek is in die drom.

Tyd om die emmertjie soos 'n hoed op my kop te sit!

Ons het 'n paar koue dae gehad en die baadjie was net reg om haar warm te hou.

Op warm dae is dit natuurlik tyd om roomys te eet! Sy is mal oor roomys, sy sal dit nog vir ontbyt ok kan eet! 

So het ons ook verjaarsdag partydjie gehou vir Renda se tweede verjaarsdag! Kan nie glo dat sy al 2 word nie!! Die tema was Minnie Muis en tannie vicky het gesorg dat alles so pragtig lyk!! Ons plan was om die partydjie buite te hou en alles sou in die bome hang en die kinders kon buite rond hardloop en op die junglegyms speel, maar nou ja, so was die hemel se sluise toe oop en moes ons plan B volg, binne die saal.Als het gelukkig goed afgeloop!

Hier is Renda saam met Xander en Whian

Die tafeltjie was pragtig gedek en almal het dit baie geniet.

Renda se plekkie.

Minnie muise die wereld vol!

Kyk Mamma! Ek is pragtige Minnie muis!

Hierdie was dekor op die tafels. Die mans het wors gebraai en ons het heerlike worsbroodjies geeet vir middagete.

Renda het gesorg dat haar koppie vol peuselhappies bly!

Ouma Elbet het vir haar die koek gebak en dit was Heerlik!!

Tyd om saam te kuier om die tafel met al die maatjies

Kom, Is almal se muisore op?

Renda saam met ouma Bettie

Hier is Sunelle, Lynette en Renda. Die enigste drie dogtertjies tussen al die seuntjies.

Jan-Frederik en JW geniet marshmallows terwyl mamma Nicolene kyk.

Ek het maar die klein DVD player ingepak sodat die kinders Lollos en Rio kon kyk, Dit was noggal 'n treffer!

Van die ander aktiwiteite was teken, klei en blokkies speel!

Tyd om geskenkies oop te maak! Renda was heerlik bederf met pragtige geskenke, Klere, boeke, CDs en speelgoed!

Haai Mamma!

Wat nou?

Kom ons maak nog 'n pakkie oop.


Die maatjies kom deel en kyk wat Renda persent gekry het.

Stokflou na 'n dag se pret!


Dankie vir 'n lekker verjaarsdag!!

Ek stuur weer nuus na ons kuier in die Ivoorkus. sal seker maak dat ek genoeg fotos neem en al die stories mooi vertel!

Liefde vanuit die de Beer huishouding

Monday, August 27, 2012

27 Augustus 2012

Hallo almal. Darem weer so biki nuus vanuit die de Beer huishouding. Dit gaan goed hier en ons is gesond en lekker aan die gang. Thys was by die huis en ons het gewerk dat dit klap. Die badkamers is nog nie klaar nie, maar die hoofbadkamer kan ons gelukkig gebruik. Sal maar die werk klaar maak as Thys weer hier is November maand. Vir nou trek ek maar net die deure toe! 
Op die foto staan ons voor die kerk waar JW gedoop is die 26ste Augustus. Dit was 'n heerlike dag en die geleentheid was baie mooi en spesiaal.

Net nog 'n foto waar mamma ok in die prentjie is.

Die rokkie wat Renda aan het was Elize s'n toe sy ook so groot was. Ouma Arenda het dit al die jare so mooi opgepas en bewaar. Die strikkie het ouma Bettie vir haar saam gebring van Amerika af.

Dit was 'n Baie warm dag toe ons in die teetuin gaan eet het. Kyk net Poeksie se rooi gesiggie!

Nou ja, niks soos 'n lekker roomys om die hitte te breek nie. Hier deel Renda saam met tannie Elize.

Ag, dis lekker mamma!

Renda kuier saam met JW op die bank. Lyk darem asof hy dit vreeslik geniet!

Ons eet Pizza!

Renda en JW speel met die balle en stokke. Dit was GROOT pret en het gesorg vir lekker lag!

Hier kuier Renda, JW en Karla heerlik saam.

Badtyd is nog altyd die hoogtepunt van die dag!

Renda wil self eet met 'n mes en 'n vurk! Het maar vir haar plastiek goedjies gegee om mee te probeer.

Hier is Renda en Mamma

Renda en Pappa kuier lekker saam op die trap.

Glimlag vir die kamera!

Renda eet lekker koekies buite op die gras.

'n groot bederf toe pappa hier was, was koffie en beskuit in die bed in die oggende!

Renda het een oggend die bum cream in die hande gekry en haarself van kop tot tone vol gesmeer!!

Lekker fietsie ry in die gang! 


Hier het ons vir pappa gaan aflaai by die lughawe toe hy terug gevlieg het Ivoorkus toe.

Nou ja, sal later weer nuus aanstuur
liefde vanuit die de Beer huishouding!