Renda

Renda

Tuesday, April 26, 2011

26 April 2011

Hallo aan al die familie en vriende wat ons blog volg! Sjoe, ek het so lanklaas ietsie geskryf en fotos gewys, hoop julle geniet die weer saam met ons. Dit raak nou noggal koel in die aande em ek trek maar vir Renda lekker warm aan vir die nag. Sy bly my engel kind! Sy slaap deur en ek kry ook genoeg rus sodat ek haar deur die dag kan geniet.

Ons was weer by die kinderarts vir die 4 maande opvolg. Hy is baie tevrede met Renda se ontwikkeling en wil haar weer op 8 maande sien. Dr. Mulder is hier saam met Renda op die foto, mens kan sommer sien dat hy baie lief is vir die klein mensies!

Hier is Renda in haar speelmat. Haar tannie Elize het spesiaal vir haar die skilpadjie gekoop en hy hang aan 'n spring in die mat. Soos julle kan sien is daar sulke oulike ogies op die skilpad geplak. Nou die dag toe ek die skilpad so bekyk, kom ek met 'n skok agter dat en van die ogies weg is!! Gelukkig ontdek ek toe die ogie so half onder haar lyfie, en ryk toe summier die ander ogie af! Alles gaan deesdae mond toe en sy is maar 'n lekker kwyl bekkie.

Ag, sy lyk so oulik hier waar sy speel!

Die foto saam met tannie Elize is geneem net voordat ons na Christoffel en Lindie se troue gery het. Sy het kostelik gelyk met haar outfit en matching jewelry!

Hier is 'n foto saam met mamma voor ons ry.

In die pram by die troue. Lekker snoesig onder 'n kombers, dit was noggal koud.

Ons Pappa is hier!! Hy het saam Kindermusik toe gegaan en lekker saam aan al die aktiwiteite deelgeneem en saam gesing. 

Lekker massering

nou bietjie op die bal rol.

Hier is Renda saam met pappa. (mamma het vergeet om die foto te draai). Dit was lekker om musiek saam met pappa te doen!

Die paashaas het kom kuier in ons huis!!

Hy het voetspoortjies die wereld vol gelos...

...ons het dit gevolg om elke hoek...

...en elke draai...

...tot in by Renda se kamer...

...agter die deur verby...

...oor die kamermat...

...tot by die pakkie wat die haas gelos het vir Renda!! 

(net 'n naby shot van die pakkie)

Uit Renda se kamer en om die draai na tannie Elize se kamer...

...wat gaan ons kry?...

...jippiee!! 'n paar eiers!

Toe loop die paashaas die hele gang af ...

... sjoe wat 'n lang gang!...

...in by pappa en mamma se kamer...

...tot voor pappa se bed om sy pakkie neer te sit..

...short cut tot voor die spieelkas om mamma se pakkie neer te sit...

Kyk hier split die padjie..

en nog spore in die kamer!! Pappa het heerlik gelag vir die onverwagte besoek van die paashaas!!

Renda word groot en is pragtig. Kyk hoe lekker warm is sy.

...Hier is pappa se pakkie voor die bed!

...en nog 'n pakkie voor die kamerdeur! 

Snoesig en pragtig!
Thys is hier tot volgende week Dinsdag en ons geniet dit om hom by die huis te he. Ek is volstoom weer aan die gang van volgende week af. Intussen het ons Sondag gedoop en sal ek later fotos en nuus aanstuur van die wonderlike dag. 

Liefde vanuit die de Beer huishouding.