Renda

Renda

Sunday, July 15, 2012

15 Julie 2012

Hallo almal! Skies dat julle al weer so lank moes wag vir nuus! Dit gaan baie goed hier by ons en Renda word vinnig groot. Sy is gesond en eet goed en is baie leergierig. Sy is Baie lief om olywe te eet. Sy druk haar vinger so in die olyf en dan eet sy dit!

Ons was met vakansie na Badplaas en het dit so geniet! Hier drink ons lekker water uit die gunsteling pink beker.

Na een van ons uitstappies sommer flou en in die kar aandie slaap geraak.

Sy moet ook haar sonbrille opsit as ons iewers heen ry!

Lekker rolo roomys! Sy eet eers al die tjoklit af en dan die sagte binnekant. Dis eintlik 'n lekker gemors maar darem SOO lekker!

Saam met ouma Arenda op die bankie.

In haar badjie in die stort!

Lekker klaar gebad en PJs aan sodat ons kan gaan slaap.

Kyk hoe lekker is die water! Renda was MAL oor die swemmery.

Kom Mamma ek is reg om die balletjie in die water te gooi.

Biki rustyd op die kombers, met die sonbrille!

Wil self hare kam, maar kyk sommer of sy haar tande ook kan borsel!

Lekker bad in die skuim!




Kyk daar is die voeltjies mamma!

Renda het nou die dag AL my serpe uitgepak en probeer om dit om haar nek te sit.

Tyd om make up aan te sit!

Ty om biki te lees.

Kyk Mamma, al die serpe is op die vloer!

Liefde vanuit die de Beer huis houding.