Renda

Renda

Thursday, March 17, 2011

17 Maart 2011

Hallo aan almal wat ons blog volg. Hier volg sommer nog nuus en stories van ons doen en late die afgelope ruk. Renda speel heerlik op haar maag en geniet dit as sy haarself in die spieel sien. Soms gesels sy te lekker met die "maatjie" 

Ek het vir Renda die klein pram gekoop wat maklik hanteerbaar is. Dit lyk darem ook nie asof sy in die pram verdwaal nie. Die pram het 3 settings, so sy kan regop sit of lekker le en slaap.

Hier is Renda saam met Kevin Leo. Kevin het kom sing vir die bejaardes van Erasmia en hulle het die kosmos klub uitgenooi om saam te kom deel in die oggend. Oupa Daan en ouma Arenda is deel van die klub en ek het hulle gevat en ook konsert bygewoon. Dit was 'n heerlike oggend en Renda was stroopsoet deur die hele konsert! 

Hier is ek en Renda saam met Kevin. Ouma Arenda het haar bes gedoen met die kamera!  

Dit is so bietjie bederf as Renda in die oggende na 5 uur voeding by my in die bed bly, dan slaap ons laat. Hier het sy so pas wakker geword, en is die vriendelikheid vanself. Sy sterk ook altyd eers behoorlik uit voordat sy begin glimlag en gesels. 

Ek het sommer 'n paar van haar soft toys daar by ons in die bed, en sy vermaak haarself dan heerlik terwyl ek gou deur die stort spring en reg maak vir die dag.

Ons is mal oor lees, en ek hou daarvan om vir Renda boekies te koop. Hier lyk dit asof die boek net so groot soos sy is!

Natuurlik kon ek nie net een boek koop nie! 

Hier speel ons weer so bietjie op die maag. Maar ek moet se sy raak nou eintlik vrek oulik want as ek weer sien....

....het sy sommer self omgerol!

"dankie mamma, dit was nou genoeg maag speel tyd!"

Renda word vinnig groot en ek geniet haar vreeslik baie! Ek stuur op gereeld vir Thys fotos sodat hy kan sien hoe sy groei en grootword. Dit gaan goed met hom daar ver en hy geniet die werk. 
Liefde vanuit die de Beer huishouding!

No comments:

Post a Comment