Renda

Renda

Wednesday, December 8, 2010

7 Desember 2010







Renda is gebore op die dag! Wat 'n dag. Ek het opgestaan en so bietjie anders gevoel as die vorige dae. Het 'n afspraak gehad by die gyni om half 10, het my ma saamgevat want skattie was Coligny toe vir die dag. Ek het seker gemaak my tas, toiletries en makeup is in die kar. Het vir gyni gese my maag voel asof dit wil saamtrek, maar alles lyk nog ok. Sussie toe ok nog nie ingesak nie, en omdat sy reeds 3.6 kg weeg en my bekken volgens my voet size klein is, besluit ons toe op 'n keiser vir die 8ste Des net na 13:00. Ek moet 11:30 in die saal wees en dan werk ons van daar af. So is ek terug huis toe vir 'n tee afspraak saam met Leana. Ervaar toe eienaardige pyne so tussen die tee drinkery deur, maar hou my pose pragtig. Ek skakel nog die mediese fonds om te bevestig dat dit wel 'n keiser gaan wees. Het nog die middag 'n ooievaarstee vir Elrika. Ek bel toe die dokter se spreekkamer en se toe van die pyne wat so 15 min uitmekaar is. Hulle se toe ek moet maar hospitaal toe gaan sodat hulle net kan opservasie maak. Bel toe gou vir Stephanie om verskoning te maak vir Elrika se tee en aangesien sy alreeds 3 kidz het, vra ek toe sommer van die pyne. Sy se toe dat dit soos kontraksies klink. Nou ja, Thys in Coligny (3 ure se ry van pretoria), Elize by werk in jo'burg, ma en pa in restaurant, nou net klaar kos bestel, en ek met kontraksies! Skoonpa en -ma kyk na Ewan. Bel toe vriendin, Caren om te hoor of sy my kan vat. Sy nie by huis nie. Bel toe die Kerkkantoor en vra Tannie Minnie moet my hospitaal toe vat, kontraksies 15 min uitmekaar. (natuurlik gedink ek maak 'n lekker grap!) Sy kom haal my toe en hier vat ons die pad.Oppad het Doom Cassie net gebel om te hoor waar trek ons en dat ek moet onthou om asem te haal. Elize laat weet toe sy is oppad van jo'burg af en ek sal vir Thys laat weet wat gaan aan en wanneer hy moet begin ry om hier te kom. Is by die hospitaal so 13:10. Het definitief kontraksies en toe is dit sommer al teen 14:00 4 per 10 minute. Laat weet die dokter en besluit om keiser te skeduleer vir 17:00. Nou moet Thys net hier kom voordat Dr kan sny. Ek vul intussen vorms in en teken toestemmings vir alles wat nou moet plaasvind. Ma hulle daag toe ok hier op, en ek praat min en kreun baie! Intussen wag almal op hete kole vir Thys, want niks kan sonder hom gebeur nie. Ek is nog so kreun kreun toe voel dit assof daar 'n massiewe ontploffing plaasvind daar onder! Elize het heeltyd by my gebly terwyl ons vir skattie gewag het. Ek se toe sy moet iemand gaan roep, want hier het nou iets gebeur. Dit was 16:10. Dis toe my water wat gebreek het! Wat 'n nat spul! Die suster se toe dat sy net moet voel hoe ver ek alreeds ontsluit het. Aarde ons, 9 cm!!! Vinnig, vinnig op 'n rolstoel na die kraamkamer, nou te laat vir enige iets anders. Dokter word gebel, en ons wag nog vir skattie!! Ek asem solank gas in soos wat die kontraksies plaasvind. So ten minste drie happe per kontraksie. Skattie loop by die kraamkamer in 16:50 en dokter net kort op sy hakke. Daar begin ons met push! Met elke sametrekking so 3 drukke. Alles verloop so goed en teen 17:20 wip sussie letterlik uit met 'n boog! My oe natuurlik toegeknyp met elke push, en toe ek hulle oopmaak is sussie daar! Dit was WOW! Ek natuurlik die blyste dat Thys dit betyds gemaak het. Dokter Baie verbaas dat ek nie eers geskree of gegil het nie en dat sussie met so 'n boog haar verskyning gemaak het. Die plasenta het ook maklik uitgekom. Dokter moes knip en het toe gou toegewerk. Dit was bietjie erg vir my, en ek dink ek het sy arm lekker geknyp op 'n stadium. Dit was so lekker toe ek opkyk en my moedermamsie is ok daar. Elize het lekker fotos geneem. Ek het daarna gou gaan stort en voel toe darem weer soos 'n nuwe mens. Sjoe, daar is maar baie bloed na so 'n episode! Alles gaan goed hier by ons en ons sal die blog mooi op datum hou vir almal om te kan volg.  

3 comments:

  1. Baie geluk Maxie & Thys!! En welkom Renda, jy is pragtig!! En wat n lekker bos hare het Renda nie! Ons is saam met julle baie opgewonde en bly dat alles so spoedige afgeloop het en dat dit goed gaan met ma en dogter...en pa :-D.
    Baie geluk aan al die oumas en oupas, tannies & oom's.
    Groot soen vir poplap!
    Baie liefde
    Bonnie

    ReplyDelete
  2. Baie geluk Pappa, mamma en baba beertjie! Renda is te pragtig. Bly als het goed uitgewerk. Maxie ek het amper op 'n stadium gedink jy gaan skryf, toe klim ek maar in die outehuis bussie en ry self hospitaal toe.

    Baie liefde
    Die Bruwers in Cayman

    ReplyDelete
  3. Baie geluk julle! So het die kind "met 'n boog" haar verskyning gemaak se jy!!
    :-D
    Sy is pragtig, en so lekker bos hare!
    Laai nou maar nog paar fototjies op dan kan ons haar mooi bestudeer. Julle moet baie kiekies neem hulle verander daagliks bietjie.

    Lief vir julle
    Welkom Renda

    ReplyDelete