Renda

Renda

Wednesday, December 22, 2010

22 Desember 2010

Hallo aan al die vriende en familie! Renda was gister 2 weke oud. Sy is 'n pragtige klein mensie en ek en Thys geniet elke oomblik om ouers te wees. Elize is natuurlik die trotse tannie en help graag met sussie. Die pragtige ruiker is een van vele wat ons persent gekry het. Die een is spesifiek vir Renda gebring met liefde van die Potgieters. Thys het die roosplantjie wat oom Dries en tannie Elbet gebring het, in die tuin uitgeplant en ons gaan dit met liefde kweek en versorg - 'n roostuin vir Renda.

Ek was so verlig verlede week toe Renda van die ligte kon af. Sy was regtig al moeg gele op die blou space ship en ek was ok lus om haar meer te kan vashou. Sy het 'n totaal van 54 ure op die ligte spandeer. Die geelsug het mooi reggekom, maar sy kan nog geel lyk tot en met drie weke na die tyd. Vir my lyk sy al baie beter, maar mens kan sien dat die ogies maar nog geel is. Die lekkerste deel was natuurlik toe ons vir die eerste keer 'n outfit kon kies om aan te trek! Ek speel regtig lekker pop en geniet elke oomblik van ma wees. 

Kyk, ek weet almal het my vertel van die blues wat so op dag drie inkick. Het natuurlik niks daarvan beleef op die derde dag nie. My blues kick toe in op die sewende dag. (Sou dalk nie so erg gewees het as ek dit wel op die derde dag gehad het nie?!) Nou ja, soos julle my ken, doen ek niks half nie, en toe die blues slaan, kry ek dit met volle oorgawe. Liewe aarde, die trane loop, en loop, en loop. Arme Elize skrik haar dood en Thys hol weg om maar eerder TV te gaan kyk. Nou ja, Gelukkig was dit ook van verbygaande aard en die volgende dag was ek weer my ou self (met effense poffer ogies, maar geen krisis nie).  

Op die foto hier bo is 'n trotse ouma en naamgenoot.
                                      
Ons het Saterdag besluit dat ons Sondag graag kerk toe sal wil gaan. Natuurlik sodat almal ok in ons vreugde kan deel en vir sussie kan ontmoet. Nou ja, goeie voedings deur die nag en daar verslaap ons totaal en al Sondag oggend! Sussie se roep na kos het ons laat wakker skrik 8:20 en die diens begin 9:00! Ons het maar opgestaan en gaan tee drink by die oumas en oupas. Natuurlik is ons uitgevat vir die geleentheid!

Ons het Maandag ons eerste draai in die mall gemaak met Renda wat natuurlik deur die hele uitstappie geslaap het! Ons het beslis nie lank in die mall vertoef nie, gans en al te veel mense.

Dit is vir eers al die nuus vanuit die de Beer huishouding,
Baie liefde
Ons drie

1 comment:

  1. Hi!
    wow Renda lyk pragtig in pienk :-)
    [nadat Maci en Bonnie albei vol gehou het hul dogtertjies gaan nie pienk dra nie...]

    Groete, en hou vol met die blog

    ReplyDelete