Renda

Renda

Sunday, December 12, 2010

12 Desember 2010


Hallo almal! Dit is vandag 12 Desember en ons is Donderdagoggend uit die hospitaal onslaan. Dr.Hogewind het Donderdag vir my kom se ek kan maar huis toe gaan en toe ek vra of ek nog 'n dag langer kan bly was sy antwoord : "nee, jy kan nie hier le en lui wees nie" Donderdagoggend het hulle Sussie kom toets vir geelsug (Jaundice - for English friends). Die telling was toe 199. (weet nie mooi wat dit presies beteken nie, maar sy is ok). Ek natuurlik dadelik virdie suster gese ek gaan nie huis toe sonder 'n baba nie! Ons moes net vir Sussie die volgende dag weer laat toets en dan sal ons sien wat moet die plan van aksie wees.


Sy drink pragtig en dit is vir my heerlik om haar te voed. Die ou voetjies is altyd so opgekrul as ons drink. Ek het maar lekker seer soos wat die steke trek en besig is om gesond te word. (Het nooit vir julle vertel dat ek are gepop het in my oe tydens die bevalling nie!) Het my natuurlik vrek gedruk! My oe voel al beter en lyk nie sleg nie. Thys is dierbaar!! Hy gaan haal elke keer deur die nag vir Renda sodat ek haar kan voed. Hy bring haar vir my, en na die tyd neem hy haar terug kamer toe en ruil en check die doek.Ek word eintlik heerlik bederf! Dit gaan maar moeilik so met die opstaan, en vat BAIE lank voor ek my sit het.
Ons het Vrydag middag vir Sussie hospitaal toe gevat sodat hulle weer die geelsug telling kan toets. Die keer was dit 232! Nou moet ons ligte kry en al die baie dinge! Thys bel toe die pediater se kamers en kry 'n nommer vir suster Marike du Toit. Sy het ligte en kom na jou huis toe om op te stel en babatjie te monitor. Sy was Vrydagaand net na 8 uur hier om ons te help. Sussie is nou onder die ligte al van toe af.



Suster Marike het weer Saterdagoggend 'n draai gemaak en bloed kom vat om Sussie se telling te check. Sy prik net die hak en vang dan die bloeddruppeltjies op. Toe kry Renda haar eerste pleister!! Suster Marike het Saterdagaand gebel om te hoor hoe dit gaan. Sy het mooi aan ons verduidelik dat die telling sal styg en Sussie nog geeler gaan word voor sy beter gaan wees. Die toets het gewys dat die telling nou 295 lees. Ons hou haar maar heeldag op die ligte en haal haar slegs af vir voeding, doek ruil en bad.  


Hier is ons patrysie op die "Starfleet Enterprise"


Ek verduidelik gou vir julle hoe werk die kontrapsie: Dit is soos 'n babygrow waarin jy letterlik die babatjie toemaak. daar is plek vir die armpies en dan zipjy die pakkie toe en dit maak bo vas met velcro. Ons moet haar soortvan op haar sy laat le, net met die doek aan en 'n kombersie bo oor die lyf wat dan alles toezip in die pakkie. Slegs een arm word deur die pakkie gesit sodat sy op haar sy kan wees. Sy woel en wriemel Vreeslik baie, en soms is die ander arm sommer ok deur die ander kant se mou. Toe skattie haar een keer gaan haal vir voeding, het sy die velcro oop, beide arms buite en die kombers tot onder in 'n bondeltjie geskop!!


Sy slaap eintlik so goed en word min of meer elke 3 ure wakker vir voeding. Sy het so mooi gelatch en drink baie goed. Soms is dit nogal bietjie gulsig (Soos wat ek choklits kan eet) en dan sluk ons maar winde. Die ou bekkie is te pragtig as dit so na die bors hap en dan die suigaksie as sy dit het! WOW! Op die foto hierbo lyk dit asof sy wil se : "Talk to the hand"


Badtyd is groot pret en ek dink sy geniet die water.

Dit is die storie vir vandag. Sal weer later update en seker maak dat julle weet van die doen en late van die de Beers in Wierdapark.
Liefde
Ons

1 comment: