Renda

Renda

Saturday, June 4, 2011

4 Junie 2011

Hallo almal. Sjoe! ek het 'n maand laas bietjie nuus en fotos aangestuur, maar dit gaan met rukke maar lekker rof met 'n mamma wat voltyds werk en 'n pappa wat in die buiteland is. My voete vat net plek plek grond en daarom dat ek so lank laas ietsie geskryf het. Hier is nog 'n paar fotos en dinge van die afgelope ruk. Geniet dit!


Die foto is geneem toe Thys nog hier was, Renda help vir pappa by die rekenaar.

Speeltyd op die magie...

Nog speeltyd op die magie

Dit lyk hier asof sy le en boek lees!

Mamma se poppie

Kyk mamma! Al my speelgoed, neem gou, ek gaan omrol!

Klaar gebad en reg vir slaaptyd.

Hier is ons buite in 'n teetuin. ons het gaan kuier saam met oupa Dries, ouma Elbeth Tannie Bea en Lynette. Oupa Daan en Ouma Arenda het ook saam gekuier.

Ons moet maar lekker vroeg in die oggende roer. Ouma is altyd reeds aangetrek en reg om ons te ontvang teen 6 uur. Dis winter. so dis koud en donker daardie tyd.

Vroeg oggend sit ek maar vir haar oormussies op..

Kyk net hoe oulik! (mamma het natuurlik vergeet om die fotos te draai!)

Ons was baie opgewonde vandag want ons het met vaste kossies begin. Vir 'n eerste keer het dit wonderlik gegaan en was Sussie all smiles!!

Mamma het die handoek mooi om Sussie gedraai sodat ons nie te veel moet mors nie!

Kyk almal! Lekker pap!

Kyk net hoe mooi hap Renda.

En wat wou! Sy wil ook self probeer!!
Ek stuur weer later nuus en fotos, vir eers is dit al.

Liefde vanuit die de Beer huishouding!

No comments:

Post a Comment